e) Die verlowing In die proses van die keuse van 'n huweliksmaat is die
verlowing die finale fase. Die verlowing bevat 'n sterk dimensie van
kompromittering; daar rus ernstige verplig- tings op die paar en hoewel dit nie
dieselfde regte en verpligtings as die huwelik bevat nie, is die verlowing
eksplisiet gerig op die totstandkoming van die huwelik. Die verlowing omvat
sowel simboliese as praktiese implikasies. Sodra die verlo- wing formeel bekend
gemaak is, word die paartjie deur hul ...
Kan ’n Kanaänitiese vrou wat ’n bestaan gemaak het deur mans te verlei ’n goeie vrou wees vir een van die leiers van Israel? Vreemd genoeg is die Bybel se antwoord ja. PÊREL IN DIE SAND vertel Ragab se onvertelde verhaal. Ragab bly binne die versterkte stadsmure van Jerigo. Sy word ook omring deur mure van vrees, verwerping en onwaardigheid. ’n Vrou met ’n duister verlede; ’n man van sukses, geloof en trots. ’n Huwelik wat net God kon beplan. Deur die beproewings van ’n stormagtige verhouding leer Ragab en Salmon die ware bron van mekaar se waardigheid en vind genesing by God.
Ragab kreun en weet haar rus is verby. Haar oë sukkelomoop te gaan en haar lyf
is seer, maar sy dwing haarself om op testaan. Sy doen al virtwee maande lank '
nman se werk–sy staan voor dagbreek op enwerk diehele dag lank opdie
landerye met min kos, wateren rus om haarkrag te hernu. Dit is hopeloos –sy kan
dit sien, alissy net vyftien jaar ouden 'n meisie. Hulle landerye lewer byna niks op
nie behalwe stof. Soos dieres van Kanaän isJerigo in die greep van'n
ongenaakbare ...
Verlate en hartseer trek Rut na Israel met niks meer om aan vas te hou as Naomi se liefde nie. Sy voer ’n stryd om oorlewing. God het egter ’n plan vir haar. Rut word as ’n vreemdeling behandel, en is verbaas dat een van die mees gerespekteerde mans van Juda aan haar guns betoon. Boas is lank reeds ’n wewenaar en vasberade dat dit nie gaan verander nie. Tog word hy getrek na die uitlandse vrou met die hartseer oë. Hy vertel homself dat hy net bedagsaam is teenoor sy niggie Naomi se skoondogter wanneer hy uit sy pad gaan om haar te beskerm, maar sy hart weet van beter. Gebaseer op die Bybelse verhaal van Rut is ’N TWEEDE KANS die storie van ’n liefde wat uiteindelik die toekoms van die wêreld verander.
“Jy moet rus. Jy is so wit soos melk.” “Los my uit,” snou Dinah hom toe. “Ek het
gesê jy gaan nou rus.” Adin gryp vir Dinah aan die hand en trek hard totdat sy
langs hom opstaan. “Ná gister se manewales is jy skaars in staat om van sonop
tot sononder te werk sonder om te rus.” Haar skouers sak vooroor. “Weet jy van
gister?” “Dat jy dwaas genoeg was om my broer se wyn te steel en te drink totdat
jou brein gis? Ek weet.” Dinah byt op haar lip en kyk af. Rut sien hoe 'n enkele
traan oor ...