n Tweede kans (eBoek)
Verlate en hartseer trek Rut na Israel met niks meer om aan vas te hou as Naomi se liefde nie. Sy voer ’n stryd om oorlewing. God het egter ’n plan vir haar. Rut word as ’n vreemdeling behandel, en is verbaas dat een van die mees gerespekteerde mans van Juda aan haar guns betoon. Boas is lank reeds ’n wewenaar en vasberade dat dit nie gaan verander nie. Tog word hy getrek na die uitlandse vrou met die hartseer oë. Hy vertel homself dat hy net bedagsaam is teenoor sy niggie Naomi se skoondogter wanneer hy uit sy pad gaan om haar te beskerm, maar sy hart weet van beter. Gebaseer op die Bybelse verhaal van Rut is ’N TWEEDE KANS die storie van ’n liefde wat uiteindelik die toekoms van die wêreld verander.
- ISBN 13 : 1431614394
- ISBN 10 : 9781431614394
- Judul : n Tweede kans (eBoek)
- Pengarang : Tessa Afshar,
- Kategori : Fiction
- Penerbit : Christelike Uitgewersmpy
- Bahasa : af
- Tahun : 2015
- Halaman : 280
- Halaman : 280
- Google Book : http://books.google.co.id/books?id=i_QWCgAAQBAJ&dq=inauthor:Tessa+Rus&hl=&source=gbs_api
-
Ketersediaan :
“Jy moet rus. Jy is so wit soos melk.” “Los my uit,” snou Dinah hom toe. “Ek het
gesê jy gaan nou rus.” Adin gryp vir Dinah aan die hand en trek hard totdat sy
langs hom opstaan. “Ná gister se manewales is jy skaars in staat om van sonop
tot sononder te werk sonder om te rus.” Haar skouers sak vooroor. “Weet jy van
gister?” “Dat jy dwaas genoeg was om my broer se wyn te steel en te drink totdat
jou brein gis? Ek weet.” Dinah byt op haar lip en kyk af. Rut sien hoe 'n enkele
traan oor ...